Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments
This is a story with a beginning and an end that begins again. Like everything and everyone around her, Blou Feetjie is part of the cycle of life. She wishes everyone happiness as she laughs and frolics gaily. Sometimes she plays near ten Very Special Stones that share their ancient wisdom with her. She has to sit very quietly and listen very carefully to how she can make life easier, and better, and more beautiful, and happier, and lighter, and dearer, for others.
Naspers is een van 'n handjievol maatskappye uit Afrika wat binne een eeu gegroei het tot 'n globale mededinger met rekordaandelepryse - en dit boonop op die gebied van tegnologie. Die versameling essays, geskryf deur groot geeste in die Suid-Afrikaanse mediawereld, gaan oor die boustene van die grootste mediamaatskappy op die kontinent. Dit is 'n onderneming wat tendense vroeg identifiseer, dit aanpas vir die markte waarin hy bedrywig is en dit benut tot groot voordeel van die maatskappy, sy aandeelhouers en sy werknemers.
Hierdie is ’n storie met ’n begin en ’n einde wat weer begin. Blou Feetjie is, nes alles en almal om haar, deel van die siklus van die lewe. Sy huppel en lag en wens almal geluk toe. Soms speel sy naby tien Baie Spesiale Stene wat hul oeroue wysheid met haar deel. Sy moet doodstil sit en baie, baie mooi luister om te hoor hoe sy die lewe vir ander makliker en beter en mooier en gelukkiger en ligter en liewer kan maak.
Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie - of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind. Skryfterapie is 'n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is - om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie. Of jy jou werk verloor het, of deur 'n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met 'n ernstige siekte gediagnoseer is, of 'n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie. Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik 'n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot 'n digitale dagboek soos 'n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke. Dis die eerste boek in Afrikaans oor skryfterapie. Rabe, 'n bekende in die media, skryf vir die eerste keer hier in boekformaat oor die selfdood van haar seun, waaroor daar al wyd berig is.
|
You may like...
|